Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Stappers uit Knysna het vanaand in Pacaltsdorp aangekom ter bewusmaking van ‘n kwessie wat hulle baie na aan die hart lê.
Craig ‘Q7’ Beckett wat die stappers lei, sê hulle stap om bewusmaking te skep onder mense oor die moontlike uitbuiting van natuurlike bronne in die Okavango Delta in Namibië.
Hulle vertrek weer Woensdagoggend uit George op pad Kaap toe.
Daar gaan Beckett ‘n petisie aan beide die Namibiese en Botswana se konsulaat oorhandig. Hy meen as daar voortgegaan word en toetse gedoen word op soek na olie, kan dit die natuurlike ekosisteem van die area omvêrgooi.
Hulle gaan vanaand in Pacaltsdorp tuis en gesels dan môre met die media en belangstellendes oor die kwessie.
Volgens Blanché Benjamin, wat die Khoi-stam van Pacaltsdorp verteenwoordig, is die stappers vroeër verwelkom waar hulle met Khoi-manne op perde begelei is.
Benjamin sê die inligtingsessie begin môreoggend om 09:00 by Oom Bul se Restaurant.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'