GEORGE NUUS - Die Bikers vir Liefdadigheid, is so vier jaar gelede deur Anton en Leigh-Anne Meyer begin.
Volgens Anton het hulle gedurende die laaste vier jaar al baie groot suksesse behaal en kon daarmee 'n verskil in die lewe van dierekinders maak.
"Hulle kan nie vir ons vertel wat hul behoeftes is nie en hulle kan nie met ons praat nie. Dit is ons plig om na hulle om te sien," sê Anton.
Die groep, in samewerking met Landy World, gaan op Sondag 3 Junie, 'n plesierrit vanaf George na Oudtshoorn aanpak ten bate van die Oudtshoorn Dogs in Need-organisasie.
Hulle vertrek Sondag om 11:00 vanaf die Checkers-parkeerarea in Redefine-boulevard, Yorkstraat, na die parkeerarea by Pick n Pay, Voortrekkerstraat, Oudtshoorn. Hulle doen dit uit liefde vir hul viervoetige dierekinders.
"Dit bring vir ons geweldige vreugde om hierdie dierekinders te kan help en te sorg dat hulle kos, komberse en 'n speelding het vir die wintertyd wat voorlê." Plakkers gaan teen R40 elk beskikbaar wees.
Vir meer inligting kontak Anton by 083 382 4510 of Leigh-Anne by 082 417 6861.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'