GEORGE NUUS - 'n 17-jarige seun is vanmiddag na die Mediclinic George geneem na hy met sy motorfiets in 'n motor vasgery het.
Die ongeluk het omstreeks 16:30 in Courtenaystraat, voor Van Rensburgs-slaghuis, plaasgevind.
Die seun en twee vriende, ook op motorfietse, het na bewering in Courtenaystraat afgery toe die motor uit die slaghuis se parkeerarea, voor hulle ingery het.
Niemand is ernstig beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'