MOSSELBAAI NUUS - ’n Jong musikant van Mosselbaai, Carlo Theunissen, gaan op Sondag 18 Oktober, die bekende komediant, Johnnie Campher, se Oppi Pot-vertoning by die Mosselbaai-stadsaal open.
Theunissen sing gereeld plaaslik en het ook as finalis in die ATKV-Crescendo 2025-mentorskapprogram vir homself naam gemaak.
Die vertoning begin om 18:00 en kaartjies daarvoor is op Webtickets of oor die toonbank by Pick n Pay beskikbaar.
Theunissen het gedurende ATKV-Crescendo sy Afrikaanse musiek- en liedjieskryftalente vertoon. Sy deelname aan die Crescendo Unplugged-konsert het hom ook op die nasionale verhoog geplaas.
Campher self is ’n Suid-Afrikaanse komediant en akteur met ’n loopbaan wat oor meer as 40 jaar strek. Hy is bekend vir sy eenmanvertonings, sy karaktergedrewe humor en sy vermoë om gehore te boei.
Vir enige navrae oor die Oppi Pot-vertoning, kontak Campher by 082 375 1910 of [email protected].
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’