Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - 'n Groep militêre veterane maak vanoggend stem dik oor huise waarvoor hulle glo nog wag.
Die behuisingsprojek by Reigerpark (Erf 325 Pacaltsdorp) maak voorsiening vir huise aan militêre veterane.
Dit is 'n projek van die Wes-Kaapse regering. Die groep beweeg vanoggend 14 Junie af in Beachweg, na George-munisipaliteit, waar hulle 'n griefskrif gaan oorhandig.
Baie van diegene wat aan die optog deelneem het fisiese probleme en is hier rondom 60 jaar oud. Die groepie stap sonder haas, en word begelei deur verkeersowerhede.
VIDEO - George military veterans protest about housing issues:
VIDEO: Militêre veterane hou vanoggend 'n protesoptog. Video: Michelle Pienaar
VIDEO: Die geselskap beweeg af in Beachweg. Video: Michelle Pienaar
Piet Malgas vertel sy storie. Hy was 18-jaar oud toe hy in Angola vir die land geveg het.
John Brian Oelf is deesdae halfblind en loop moeilik. Foto's: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’