Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Plaaslike sanger Michael Lindt het vanmiddag (Donderdag 2 September) oor die etensuur Christelike liedjies in die Mediclinic George se voorhof gesing om pasiënte en personeel te bemoedig en 'n mate van vertroosting te bring in 'n geweldige uitdagende en moeilike tyd.
Enkele toeskouers het gesit en luister en sommige het hul hande in aanbidding gelig.
Die derde vlaag van die Covid-pandemie eis sy tol by hospitale en personeel is geestelik en fisies uitgeput. In die Tuinroete is die infeksies en hospitalisasies erger as in die eerste twee vlae. Die derde golf duur ook langer.
Volgens Mediclinic se verpleegdiensbestuurder, Jeanita le Roux, kan Lindt in die sale gehoor word. "Dit beteken baie vir ons almal. Oral waar die personeel loop, sing hulle eintlik saam."
Lindt het ook verlede week hier gesing. Hy en sy vrou Marelize woon die afgelope drie jaar in Oudtshoorn, maar wanneer hulle weer deurkom George toe wil hy ook graag by die George-hospitaal gaan sing.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Alida de Beer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'