Update
GEORGE NUUS - Die toestand van Marius Swart, ‘n voormalige burgemeester van George en ‘n parlementslid, is onveranderd.
Swart, ‘n inwoner van Heroldsbaai, is in ‘n kritieke toestand in ‘n plaaslike hospitaal. Hy is verlede Vrydag, 8 Januarie, in die hospitaal opgeneem nadat hy Covid-19 opgedoen het.
Hy mag geen besoekers ontvang nie.
Swart se vrou, Sannett, het vanoggend aan George Herald gesê hy ontvang suurstof en word behandel.
“Ons is baie dankbaar vir die goeie behandeling wat hy ontvang. Van die beste dokters en verpleegpersoneel in die Covid-afdeling behandel hom.”
Vorige artikel: Eks ANC-Burgemeester sterf, eks DA-Burg kritiek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'