GEORGE NUUS - Die Appelsgesin van Maraiskamp het al hul besittings in ‘n brand verloor nadat hul RDP-huis gister, op Kersdag, uitgebrand het.
Janine Appels vra om hulp vir haar niggie, Shirley Charlene “Paai” Appels, die vrou en ma van die gesin. Sy en haar lewensmaat, Joseph Goeieman, en hul vier kinders en kleinkind het wonderbaarlik niks oorgekom nie.
Die brandweer was blykbaar vining op die toneel en het die vuur geblus. Dit is nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.
Volgens Janine Appels was daar vroeër die dag ‘n onderonsie met van die ander inwoners oor persoonlike sake.
“Enige hulp sal waardeer word, groot asseblief; hulle het net die klere wat hulle aan het. Ek huisves hulle op die oomblik,” het Janine Appels gesê.
Die brand het gisteraand om skemertyd by hul woning in Sardienstraat uitgebreek. Hulle woon tans by Janine Appels by Romanstraat 21347 - waar donasies ontvang kan word.
Om ‘n afsetplek vir donasies te reël, kontak Janine by 061 322 5895.
Om ‘n afsetplek vir donasies te reël, kontak Janine Appels by 061 322 5895. Foto: Verskaf
Die klere wat benodig word is as volg:
Vrou (grootte 30 tot 32; skoengrootte 4); Man (broekgrootte 36; hempgrootte medium; skoengrootte 6); Dogter, 16 (grootte 28; skoengrootte 4); Dogter, 20 (grootte 30; skoengrootte 4); Seun, 12 (klere 9 – 10; skoengrootte 2) Seun, 7 (klere 5 – 6; skoengrootte 12); Kleinkind, 2-jaar-oud.
Die 16-jarige dogter gaan skool by Parkdene Sekondêre Skool, en die twee seuns by Parkdene Primêre Skool. Al die kinders se skoolklere is in die brand vernietig.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’