GEORGE NUUS - Huis JJ Watson vir senior hou weer op Donderdag 27 Maart van 08:00 tot 12:00 hul maandelikse verkoping.
Daar gaan heerlike boereworsrolle teen R30 te koop wees. Mense kan hulle bestellings vooraf per WhatsApp by 066 186 5849 plaas.
Besoekers kan kuier oor 'n lekker koppie koffie of tee en snuffel in die Blikkies Mall waar aantreklike winskopies aangebied word met mans- en damesklere, skoene, breekware, ornamente, portrette, rame en ander snuisterye.
Daar is ook tweedehandse boeke teen weggeepryse.
Die maandelikse verkoping is 'n inisiatief van 'n groep vrywilligers wat JJ Watson help om broodnodige geld in te samel. Dit vind plaas by die tehuis op die hoek van Cradock- en Fitchatstraat (oorkant NG Kerk George-Suid en JJ Watson-slaghuis).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’