GEORGE NUUS - Die gewilde George Outeniqua-marathon, aangebied met die ondersteuning van George-munisipaliteit, Universal Kitchens en verskeie ander rolspelers, vind op Saterdag 26 April plaas.
Sakkie Stoffberg en Duppie du Preez van die Outeniqua Harriers Multi-sportklub het ’n tjek van R50 000 ontvang vanuit die George-munisipaliteit se 2024/25 Event Support-begroting.
Die fondse sal gebruik word vir die aanbieding van hierdie jaar se marathon.
Die wedloop sluit vier afstande in en al die wedlope eindig by die Wilderness Commonage.
Afstande:
- 42,2 km: begin by Cornerstone Blanco
- 21,1 km: begin by die Tuinroetedam
- 10 km en 5 km-pretloop: begin by die Wilderness Commonage
Inskrywings:
Inskrywings is aanlyn beskikbaar tot Dinsdag 22 April by entryinja.com en kan ook by verskeie sportwinkels in George gedoen word. Laat inskrywings en registrasies sal plaasvind op Vrydag 25 April tussen 16:00 en 21:00 by Cornerstone Blanco.
Vir navrae, kontak Esmé Boshoff by 084 499 7753.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’