GEORGE NUUS - Die polisie is besig om die Voëlklip-area naby Heroldsbaai te fynkam opsoek na die vrou en kinders wat gisteraand omstreeks 20:30 as vermis aangemeld is.
Heidi Scheepers (35) en haar seun (2) en dogter (6) is laas op die strand op Heroldsbaai gesien.
Haar man, Ettienne, het die polisie gisteraand in kennis gestel toe hulle nie huis toe gekom het nie.
Heidi het 'n maroen broek, donkerblou hemp en bruin sandale aangehad ten tye van haar verdwyning. Die dogtertjie was geklee in 'n pienk broek en 'n ligkleurige top. Die seuntjie het 'n gryskleurige broek en 'n donkerblou hemp met lang moue, aangehad.
Heidi het in 'n Volkswagen Caravelle (kombi) met registrasienommer CAW 66036 gery.
Enigiemand met inligting word gevra om die polisie by 044 803 4400 te kontak.
Lees 'n vorige artikel: Mother and children missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'