Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Dit is jolig in Outeniqua Stadion se parkeerterrein met Kersvader, The Grinch en heelwat opgetofde voertuie wat regmaak vir 'n lekkergoed-patrollie deur van George se woongebiede.
"Die idee is om bewusmaking te skep en iets nice vir die kinders te doen," het Rupert Pretorius, voorsitter van George se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gesê.
Die geleentheid word deur die GPF gereël. Noodvoertuie, buurtwagte, die polisie, GPFs, Community in Blue, sekerheidsmaatskappye en verkeer vorm almal deel van hierdie patrollie. Die rit deur die dorp skop omstreeks 18:00 af, en sal sowat twee ure duur. Gebiede wat besoek word sluit in Blanco, Golden Valley, Heatherlands, Denneoord, Bergsig, George-Suid, Bos-en-Dal en Dormehls Drift.
VIDEO - Die patrollie spoed deur Denneoord. (Video: Michelle Pienaar).
VIDEO - En... daar gaan hulle! (Video: Michelle Pienaar).
VIDEO - Pretorius, aka The Grinch, bedank die patrollielede vir hul harde werk deur die jaar. Vir hierdie klomp inwoners is dit heerlik om op 'n lekkergoedpatrollie te gaan in stede van 'n ongelukstoneel. Heelwat paramedici, ambulanspersoneel en personeel van wegsleepdienste vorm deel van die uitreik. (Video: Michelle Pienaar)
VIDEO - Christmas Mass Ride on the move! (Video: Michelle Pienaar)
Santé, Rulan (12) en Rupert Pretorius, hoof van George GPF.
Die hele groep maak gereed om met die patrollie te begin. Foto's: Michelle Pienaar
Areta Ewersohn (10) en haar boetie Jordan (6) van Eilandstraat in Denneoord het lekkergoed by die patrollie gekry.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’