Breaking News Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Dr. Johan van Rooyen van die Steynsburg-dierehospitaal het vandag, 7 Oktober, dadelik op die R56 tussen Steynsburg en Molteno gestop toe hy 'n witkwasmuishond in die middel van die teerpad sien sit.
As dierekenner en -liefhebber het hy dadelik besef daar is fout. Toe hy uitklim het hy gesien die arme diertjie het 'n blik oor die kop en kan glad nie sien watter kant toe om te vlug nie.
Van Rooyen het self 'n paar benoude oomblikke beleef toe hy moes wag vir motors om verby te ry en was bang dat die verbouereerde dier onderdie voertuie se wiele sou inhardloop. Hy kon egter betyds tot die muishond se redding kom en het die vreesbevange diertjie bevry van sy blikhelm.
Die blikkie het nog geruik na sardientjies in tamatiesous, en die muishond, wat in die volksmond ook as 'n rooimeerkat bekend staan, het natuurlik vasgesit toe hy die laaste vissiesous wou uitlek.
VERSKAFDE VIDEO: Johan van Rooyen: Steynsburg Dierehospitaal
Lees meer op susterspublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’