Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Na hulle eeufeesvieringe verlede jaar is Hoërskool Outeniqua opgewarm vir jaarlikse sportfeeste wat spanne oor die die hele Wes- en Ooskaap bymekaar snoer.
Gister, 8 Maart en vandag, 9 Maart word hul 101-jaar sportdag, soos die geleentheid genoem word, aangebied.
Volgens die organiseeder, Pieter Cloete, gaan dit 'n jaarlikse instelling word, met natuurlik 'n aanpassing van die skool se bestaansjare in die titel.
FOTOGALERY - Kwaggas hou 101-jaar Sportdag
Altesaam 66 rugbyspanne, 38 netbalspanne en 26 hokkiespanne meet kragte op die skool se sportvelde. Van die spanne sluit in Noord-Heuwel van Krugersdorp, wat ook in die hoofrygbywedstryd om 16:00 teen die Kwaggas se A-span speel.
Besoekers word verwelkom om die dag saam met die jong sportlui te geniet.
VIDEO - Pieter Cloete, organiseerder van Hoërskool Outeniqua se 101-jaar Sportdag, gesels oor al die woelinge by hul skool.
Video: Michelle Pienaar
VIDEO - 'n Fantastiese gees heers by die sportgronde van Hoërskool Outeniqua, met sportspanne van die Wes- en Oos-Kaap wat vandag aan wedstryde deelneem. Kom geniet skolesport by die Kwaggas, met hul hoof-rugbywedstryd om 16:00 vanmiddag.
Mareli (10), Tamzen May (kelner), Anja Erasmus en klein Daniël (5) en Werner Erasmus kuier vanoggend by Hoërskool Outeniqua se Kwagga Quisine, vanwaar hulle die sport kan dophou. Foto: Michelle Pienaar
Eerstespan rugbyspelers vir Hoërskool Framesby in Port Elizabeth: Lafras Aylward (17), Johan van Zyl (17) en Juan Grigor (18).
Drie netbalspelers van OH se o.14 A-span: Jazè van der Walt (14), Tatyana Viljoen (14) en Tokara Avis (14).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’