Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - "Valentynsdag is Hartjiedag. Dit beteken jy moet winkel toe gaan en vir mamma blomme en tjoklits koop."
Dit is van die kosbare sêgoed wat graad R'e van George Preprimêr kwytgeraak het tydens 'n gesprek oor dié spesiale kalenderdag in Februarie.
Al te fraai in wit en rooi het sowat 20 kleuters op 'n vraag van die George Herald geantwoord: "Wat is Valentynsdag en wat gebeur op hierdie dag?"
Kyk 'n video hieronder:
Van links is Elana Oosthuizen, Nathan Tannous, Mea Hoepfner, Kian Pienaar en Mika Lötze. Nathan: "Ek gaan vir my pa chilli gee". Mea: " Jy kan vir jou ma en pa blomme en tjoklits en mooi goeters gee". Kian: "Dit is Hartjiedag. As jy lief is vir hulle kan jy vir hulle 'n blommetjie gee". Mika: "Jy kan vir 'n maatjie 'n kaartjie gee of stuur". Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'