GEORGE NUUS - Dr. Lukas du Preez word op Vrydag 21 Maart om 10:00 te ruste gelê by die Eden Gemeente, George. Die diens sal lewendig uitgesaai word op die kerk se YouTube-kanaal vir diegene wat dit nie kan bywoon nie.
Du Preez is Maandag-oggend in ’n motorongeluk naby die Outeniqua Familie Mark oorlede.
Hy het in 2021 bekendheid verwerf toe hy buite die Covid-saal van Life Bay View Hospitaal in Mosselbaai vir sy vrou, wat daar ’n pasiënt was, trekklavier gespeel het.
Hy het weer in 2024 tydens die Victoriastraat bouramp sy trekklavier uitgehaal en mense wat familielede in die ramp verloor het buite die burgersentrum bemoedig met sy musiek. Du Preez was ook ’n gedugte arbeidsprokureur wat die gemeenskap dikwels bygestaan het met welsynswerk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’