GEORGE NUUS - Franselin Kaptein (31) van Pacaltsdorp is vars ingehuldig as die PA se nuwe proporsionele (PR) raadslid in die George-raad. Dié seremonie het op 23 Julie in die George-landdroshof plaasgevind. Sy vervang die vorige PA-raadslid, Sedric Smart.
Hierdie boorling van George het gematrikuleer aan Hoërskool Pacaltsdorp. Kaptein bevestig sy is 'n PR-raadslid vir die hele George, nie net vir Pacaltsdorp nie.
"Ek wil kyk na al my mense - oud en jonk."
Kaptein reken daar is 'n groot nood vir daghospitale en meer uitgebreide brandweerdienste. Haar grootste droom is om eenheid in George te bring.
Die PA se burgemeesterskandidaat, Fernando Fredericks, het Kaptein gelukgewens met haar inhuldiging.
"Haar aanstelling is 'n bevestiging van haar harde werk, toewyding en lojaliteit aan die organisasie en gemeenskap. Ons wens vir haar is om die gemeenskap met wysheid, krag en integriteit te dien."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’