GEORGE NUUS - 'n Groep jong sangers van Tashia Olivier se sangskool, Tashia's Vocal Academy, het uitstekend gevaar by die nasionale talentkompetisie Talent Africa 2022 wat onlangs in Kaapstad plaasgevind het.
"Al nege deelnemers mag die Suid-Kaap volgende jaar in Julie by die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste in die VSA verteenwoordig," het Olivier gesê.
Twee van hierdie leerders, Mire de Waal (15) en Muré Conradie (10), is boonop kategoriewenners van die Garden Route-eisteddfod wat in Augustus vanjaar plaasgevind het.
Mire het twee toekennings ontvang by die onlangse prysuitdelingsgeleentheid by die kunsteteater as 'Best female vocal performance' en 'Top Senior contemporary Vocalist', terwyl Muré aangewys is as 'Best Junior All Round Performer'.
Die groep van nege wat gekies is om volgende jaar in Julie aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste deel te neem sluit in: Maja Snyman (15), Norma Walters (12), Robin Burger (16), Elsabe Botha (34), Muré Conradie (10), Isabelle Botes (15), Mienke Boshoff (15), Shani Ehlers (18) en Mire de Waal (15).
Ofskoon daar groot opgewondenheid heers, moet hierdie talentvolle kinders self soek vir borgskappe.
Vir meer inligting kontak Olivier by 083 598 3885 of stuur 'n e-pos na tashiasvocalacademy@gmail.com.
Norma Walters (12)
Isabelle Botes (15)
Mire de Waal (15, links) met haar toekennings, saam met sangjuffrou Tashia Olivier.
Maja Snyman (15)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'