RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Wes-Kaapse Skole Interdistrik-netbaltoernooi het vandag in volle vaart afgeskop by Hoërskool Langenhoven in Riversdal, waar spanne van regoor die Wes-Kaap mekaar die stryd aansê in hoëgehalte wedstryde.
Talentvolle netbalspelers van o. 11 tot o. 18 meet kragte in ’n kompeterende reeks wedstryde wat beloof om uitmuntende sportaksie en vaardigheid ten toon te stel.
Die toernooi, wat tot 19 Julie plaasvind, lok vanjaar deelname van sewe distrikte: Eden, Overberg, Weskus, Kaapse Wynland, Sentraal-Karoo, Doves en Disas.
Oor drie dae sal meer as 150 wedstryde op sewe netbalbane beslis word - ’n kragtige skouspel van jeugsport op sy beste.
Hier speel die o. 11 spanne Eden teen West Coast in 'n harde wedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’