TUINROETE NUUS - Die pragtigste vroetelvoorskote en -moue is onlangs geskep deur inwoners van die Tuinroete vir lyers aan Alzheimer se siekte.
Die vroetelvoorskootkompetisie, ten bate van ADASA vir persone wat met alzheimers of demensie leef, het 30 April tot ‘n einde gekom en die prysuitdelings is verlede maand gehou. Die kompetisie is deur Sonja Smith Begrafnis Groep gereël.
"Ons het ‘n totaal van 122 van die mooiste en kreatiefste voorskote, moue en kussings ontvang uit die Mosselbaai- en George-omgewing.
"Elke item is met soveel sorg en liefde gemaak, en ons het besluit om twee prysuitdelings te hou."
Die eerste was 15 Mei in George, en die tweede een, 17 Mei in Mosselbaai.
Modeparade
Elkeen wat die prysuitdelings bygewoon het, het dit terdeë geniet. Die 10 finaliste het ‘n modeparade gehou met hulle items en die gaste het per stembriefie gestem vir hulle drie gunsteling items.
Die twee tweede- en derdeplekwenners het elkeen ‘n geskenkpak van CAWfee ontvang.
Die twee tweede- en derdeplekwenners het elkeen ‘n geskenkpak van CAWfee ontvang en die twee algehele wenners het elkeen ‘n geskenkbewys vir ‘n week lange wegbreek in die pragtige kusdorpie en populêre vakansie bestemming, Witsand, ontvang.
Die meerderheid van die items ontvang, is aan Hettie Theron, senior sosiale werker van ADASA oorhandig om te versprei aan instansies waar dit benodig word.
"Ons wil graag die gemeenskap bedank vir hulle oop harte en al hul bydrae, vanaf donasies van materiaal, ritssluiters, knope, linte, en meer, tot die pragtige items wat gemaak is. Dit was vir ons ‘n voorreg om betrokke te wees by nog ‘n gemeenskapsprojek," het Sonja gesê.
Die meerderheid van die items ontvang, is aan Hettie Theron, senior sosiale werker van ADASA oorhandig om te versprei aan instansies waar dit benodig word.
Elke item is met sorg en liefde gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’