Video
GEORGE NUUS & VIDEO - Inwoners van Tuiniqua-versorging-sentrum was Maandagmiddag, 29 November, van skuins na 15:00 druk besig om "koekies" te maak. Maar dit was nie sommer gewone koekies nie, dit was hondekoekies wat gemaak is om fondse in te samel.
Die klaar voorbereide deeg is eers uitgerol en toe in die vorm van beentjies uitgedruk, kleintjies vir klein hondjies en grotes vir groot honde. Sover bekend is Tuiniqua die enigste tehuis vir bejaardes wat so 'n fondsinsamelingsprojek het.
Alani Voigt, sentrumhoof, het gesê Tuiniqua is 'n nie-winsgewende organisasie en moet baie van hul fondse self genereer.
Van die inwoners is ook onder finansiële druk. Rentekoerse het gedaal en van die inwoners is baie afhanklik van rente op hul beleggings. Pensioene hou ook nie tred met inflasie nie. Inwoners word sover moontlik tegemoetgekom en daarvoor word fondse benodig.
"Ons wil nie bakhand staan en iets van die gemeenskap vra nie. Daar word gekyk hoe die inwoners self iets kan doen."
Tuiniqua in vennootskap met Feedem, die kontrakteurs wat die spysenierings-dienste by die sentrum verskaf, het saam die projek aangepak.
Onder die leiding van CM van den Heever van Feedem, is navorsing gedoen en daar is op twee geure besluit, grondboontjiebotter en hoender.
VIDEO - Meer oor Tuiniqua-projek:
Nadat die bestanddele vasgestel is, is die eerste koekies gemaak en aan mense met viervoetige kinders gegee. Die terugvoer was oorweldigend. "Ek het self twee honde en hulle is gek daaroor."
Volgens haar geniet die inwoners die projek. Baie van hulle het self honde gehad voordat hulle na die sentrum gekom het. "Hierdie is 'n manier om daardie dae in herinnering te roep."
Daar word gehoop dat mense die koekies sal koop as Kersgeskenke vir mense met honde. Die plan is om dit na die vakansietyd voort te sit en so in die toekoms nog fondse te genereer.
Van den Heever het gesê die bestanddele is veilig en deeglik getoets. Dit bevat gesonde bestanddele onder meer hawermout, grondboontjiebotter en vrugte.
Die koekies kos R40 vir 500 gram.
Bel 044 874 5760 om bestellings te plaas. Al die fondse gaan vir 'n goeie doel.
VIDEO - Tuiniqua-inwoners maak hondekoekies:
Van die inwoners van Tuiniqua besig om hondekoekies te maak. Hier word hulle deur CM van den Heever van Feedem gehelp.
Van die inwoners van Tuiniqua besig om hondekoekies te maak. Hier word hulle deur CM van den Heever van Feedem gehelp.
Van die inwoners van Tuiniqua besig om hondekoekies te maak. Hier word hulle deur CM van den Heever van Feedem gehelp.
Van die inwoners van Tuiniqua besig om hondekoekies te maak. Hier word hulle deur CM van den Heever van Feedem gehelp. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'