GEORGE NUUS - Die jaarlikse Kwaggas-langtafel het weereens vir groot pret gesorg. Die funksie het by die Outeniqua-vervoermuseum plaasgevind en gaste het behoorlik volgens vanjaar se tema, Back to the 80s, aangetrek.
Neon kleure, beenkouse, uitspattige bykomstighede en retro haarstyle was aan die orde van die dag.
'n Paar groot ruk-en-rol-sterre uit die 80's soos Slash en Axl Rose, Super Mario broers, Mario en Luigi, asook 'n hele paar Cyndi Lauper en Jane Fonda dubbelgangers het hul verskyning gemaak.
Die wynproe was natuurlik 'n groot hoogtepunt en met heerlike hamburgers en skyfies om die energievlakke hoog te hou het mense tot laat beentjies geswaai.
Anja Swart en Francois Fenner vang gees by 'n uitspattige 80's blêrboks fotohokkie. Foto: Anja Swart
Een van die groepe by Vrydagaand se Kwaggas Langtafel 80's opskop is agter, van links: Matthys Swart, Francois en Lieske Erasmus, Alida en Jean Botes, JG Zelinga en Jaco Gouws. Voor: Francois Fenner, Jacqui Herbst, Anja Swart, Heleen Gouws en Carina Zelinga.
Tanya Viljoen en Marinda Beringer. Foto: Jacqueline Herbst
Gisela de Jager en Loffie Marais. Foto: Jacqueline Herbst
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’