GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende maandelikse verkoping vind plaas op Dinsdag 27 Januarie van 07:00 tot 12:00.
Besoekers kan snuffel vir winskopies onder ’n groot voorraad tweedehandse klere en boeke. Daar sal 'n uitverkoping van alle items wees teen R20 sodat nuwe voorraad ingebring kan word.
Tee en skons sal te koop wees en kan in die teetuin geniet word.
Skenkings van klere, boeke en items vir die witolifanttafel word altyd verwelkom. Donasies kan by die skenkers opgelaai word.
Kontak Laetitia Dysel by 066 186 5849 vir meer inligting.
Die maandelikse verkoping is 'n inisiatief van 'n groep vrywilligers om fondse vir die tehuis in te samel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’