Die ongeluk het net na 17:00 plaasgevind.
Christoffel Myburgh, 'n vlieënier van Botlierskop, is dringend deur ER24 na die Medi-Clinic in George vervoer met kopbeserings vir 'n breinskandering.
Die helikopter het net voor die ongeluk die adjunk-brandweerhoof van Eden-distriksmunisipaliteit, mnr. Deon van Wyk en 'n passassier by Witfontein afgelaai nadat hulle oor die hele Eden-distrik gevlieg het om die skade van verlede naweek se reën te besigtig.
Met die opstyg ná hy hulle afgelaai het, het die helikopter geval.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar daar word vermoed dat meganiese probleme veroorsaak het dat die helikopter neergestort het.
Die wrak word deur beamptes gefotografeer vir die ondersoek wat sal volg.
Nooddienspersoneel op die toneel.
Die vlieënier is met kopbeserings in die George Medi-Clinic opgeneem.
FOTO'S: ILSE SCHOONRAAD, GEORGE HERALD-REDAKTEUR