Gallery
GEORGE NUUS - Dis middagete en jy is ’n bietjie honger?
Op die hoek van Meade- en Victoriastraat, by die ACVV-dienssentrum, wag ’n Hap-en-Stap-waentjie met heerlike eetgoed soos gevulde vetkoeke en kaneelsuiker-pannekoeke.
Hierdie inisiatief van George ACVV is ten bate van Huis Harmonie.
FOTOGALERY: ’n Hap-en-Stap-waentjie
Op Vrydagoggende word braaivure aangesteek (as die weer saamwerk) vir die lekkerste roosterkoeke en boereworsrolle. Georgiete word vriendelik uitgenooi om die waentjie te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’