GEORGE NUUS - Daar is nie baie egpare wat 'n goue bruilof kan vier nie, maar daar is beslis bitter min wat kan sê dat 50 jaar saam vir hulle geen grendeltyd was nie!
Oom Seun en tannie Tienie du Plessis was op Saterdag 2 Mei, 50 jaar getroud.
Weens die inperking kon die beplande feestelikhede nie plaasvind nie, maar dit het hulle nie gekeer om 'n spesiale dag te hê nie.
Dit was 'n lekker verrassing toe Genevafontein Apteek 'n geskenkpak van lekkerruikgoed, handreinigers, konfyte en allerlei bederfies kom aflewer het.
Die egpaar het twee getroude seuns en drie kleinkinders, wat die geskenk vir hulle gestuur het.
Op dié groot dag het die twee 'n feesmaal van gebraaide filet met pepersous, gevolg deur tombolapoeding geniet.
"Die Here seën ons dat ons nog gespaar is en bymekaar kan wees," het oom Tienie gesê.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'