GEORGE NUUS - Die Suid-Kaaptak van die Genealogievereniging van Suid-Afrika nooi alle belangstellendes om saam op Woensdag 21 Mei ‘n paar geskiedkundige plekke in Groot-Brakrivier te besoek.
Die plekke wat besoek word, sluit in die stasietuine, museum, Searle-gedenkkerk en begraafplaas.
Die uitstappie word aangebied in samewerking met kundige persone van die Simon van der Stel-stigting en beloof om uiters insiggewend te wees.
Persone wat die uitstappie op Woensdag wil meemaak, kom reeds om 10:00 bymekaar by die Searle-gedenkkerk in Amy Searle-straat langs die rivier oorkant die verkeersirkel.
Die uitstappie begin by die kerk waar dit ook sal eindig. Veilige parkering op die kerkgronde sal verskaf word.
Daar is ‘n fooi van R100 per persoon om sekere kostes te dek.
Kom beleef saam die ryk geskiedenis van die Suid-Kaap wat opgesluit is in plekke soos Groot-Brakrivier.
Vir meer inligting, kontak Henry Hill by 082 906 7331.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’