GEORGE NUUS - Die Vryburger Omgeemense van George het op Donderdagaand, 19 Maart hul jaarlikse instellingsdinee gehou by Hussar Grill gehou waartydens ’n nuwe bestuurspan amptelik aangestel is.
Stan Mengel is as stuurman gekies en sy span is Ben Truter (adjunkstuurman), Ettean Smit (fiskaal), James Claasen (skrywer), Willem Bezuidenhout (basuin) en Neil van Wyk (magasynmeester).
Die aand het in ’n gees van dankbaarheid en samehorigheid plaasgevind, met erkenning aan die uittredende bestuur vir hul toewyding en diens.
Die tak het verlede jaar die volgende projekte voltooi:
Fondsinsamelingsprojekte
- Outeniqua Marathon
- Vryburger Golfdag
- Wynveiling
- Veerlose Vlerke
- Jakkalberry
- Padel
Nasionale diensprojekte
- Tamaaibraai
- Kos-vir-Kinders (deurlopend)
- Woordverspreiding
Diensprojekte
- Nelson Mandeladag (sop en brood)
- Klereskenkings
- Hawelose Kersete
Gesamentlike diensprojekte
- Pensionaris-braai
- Santa Flight
Die Vryburgers van George bly ’n aktiewe rolspeler in die gemeenskap en sien met opgewondenheid uit na die jaar wat voorlê.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’