MOSSELBAAI-NUUS - Mossel Bay Advertiser joernalis, Jannie du Plessis, is vanoggend oorlede.
Group Editors en die Mossel Bay Advertiser se harte gaan uit na ons vriend en kollega, Jannie, se familie en vriende.
Jannie was 'n geliefde lid van ons span en hy laat 'n groot leemte in ons kantoor en harte.
Hy het in Oktober 2019 by die Advertiser-span aangesluit en in sy loopbaan as joernalis talle toekennings ontvang vir sy werk, veral op die gebied van fotografie.
Hoof uitvoerende beampte van Group Editors, Servaas de Kock, sê Jannie was voorwaar 'n ongelooflike staatmaker gewees.
"Jannie het nog tot onlangs ‘n groot bydra gelewer met deurnag berriggewing by die Victoriastraat-gebou wat in George ineengestort het. Om ‘n geliefde kollega te verloor is altyd baie sleg.
"Ons innige meegevoel met Jannie se naasbestaandes en al sy kollegas by die Mossel Bay Advertiser se kantoor. Hy het altyd die ekstra myl gegaan en ons sal sy formidabele teenwoordigheid in die maatskappy mis."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’