TUINROETE NUUS - Jy het nog net vandag tyd om jou kaartjies te koop vir Solidariteit Helpende Hand se pizza- en wynaand saam met die bekende Lindie Strydom.
Die organisasie het reeds 399 aansoeke vir studiehulp in die Wes-Kaap ontvang vanaf kinders om in 2025 te kan studeer.
Mosselbaai se Helpende Hand-span reël dié geleentheid omdat heelwat van die kinders uit Mosselbaai kom.
Die geleentheid vind môre, Woensdag 23 Oktober om 18:00, by Twin Trees in Groot-Brakrivier plaas en kos R230 per persoon wat 'n 'n pizza en wyn insluit.
Kaartjies kan by weskaaphand.co.za/pizza-en-wyn-projek/ verkry word.
Indien jy nie kan bywoon nie maar steeds bereid is om 'n bydrae te gee, stuur 'n e-pos aan alisha@helpendehand.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’