Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Saterdag tydens die afskop van die SWD-Superliga het Evergreens van George die Riversdal Blues op tuisgrond in ‘n redelike gelyk wedstryd geklop.
Die twee spanne se tellings was tydens halftyd gelykop, maar Evergreen se voorspelers het tydens die tweede helfte met hul gewigsvoordeel die Blues se skrums en lynstane begin oorheers.
Die Blues het hard terug baklei maar Evergreens het die wedstryd gemaklik gewen met ‘n eindtelling van 37-23.
Foto en video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’