GEORGE NUUS - Business Café het op 12 September 'n erfenisete by die George-museum aangebied om die kos van verskeie kulture te vier.
Volgens dr. Dennis Farrel, stigter van Business Café, was die doel van die dag om mense bymekaar te bring en 'n geleentheid te skep vir samesyn rondom kos en die agtergrond van verskeie kulture te leer ken.
Van die disse wat bedien is sluit bobotie, malvapoeding en melktert van die boere, ingelegde vis en roosterkoek van die bruin mense, stampmielies en bone van die Xhosas, makataankonfyt van die Khoi en vetkoek van alle kulture in.
Blanche Benjamin van die George Erfenistrust het gepraat oor die geskiedenis van Pacaltsdorp en dr. André Pieterse het oor die Christelike erfenis gepraat.
In die voorgrond is vetkoeke met kerriemaalvleis wat kenmerkend is aan verskeie kulture en agter dit is ingelegde makataankonfyt eie aan die Khoi. Foto: Jacques du Toit
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’