Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Inwoners van die Erf 325-behuisingsontwikkeling duskant Rosedale het vir meer as 'n uur in die bloedige son gewag op 'n ministeriële besoek. Met meer as tien huiseienaars wat vanaand hul eie titelaktes in 'n bedkassielaai kan bêre was die gewag beslis die moeite werd.
Wes-kaapse minister van menslike nedersettings, Tertuis Simmers, het die nasionale minister van dié departement, Mmamoloko Kubayi en adjunk minister Pamela Tshwete op die tweede dag van hul behuisingstoer vergesel.
Kubayi en Tshwete se toer sluit in groot dele van die Tuinroete en die Stad Kaapstad. Die hoofdoel is om hulself te vergewis met die provinsie se behuisingsprojekte en eerstehands met die inwoners kennis te maak.
Kubayi het huiseienaars daarop gewys dat hulle nie hul eiendom moet verkoop, verhuur of in dwelmhuise laat omskep nie. Sy het ook 18-jariges gemaan om op te hou vra vir huise, maar eerder hulle energie op studies te fokus.
Haar praatjie verwys na 'n tendens wat landswyd kop uitsteek.
"As jy energie het om te toi-toi, het jy energie om opvoeding te ondervang," het sy gesê. Simmers het gesê die hele idee van huise oorhandig gaan oor eienaarskap.
"Ons wil verseker dat ons mense die eienaars word van die grond waarop hulle gebore is," het hy gesê.
Video: Minister gesels oor behuising
Video: Minister Mmamoloko Kubayi about about workmanship and RDP housing
Begunstigdes luister geduldig na die ministerele toespraak.
Die paneel met onderburgemeester Raybin Figland (ver regs) aan die woord by Erf 325.
Nasionale minister ban menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi, aan die woord. "As jy energie het om te toi-toi, het jy energie om opvoeding te ontvang," het sy gesê. Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'