GEORGE NUUS - Wat gebeur wanneer 'n skool en 'n Voorie dieselfde verjaarsdag deel? 'n Magiese oomblik soos dié van verlede Donderdag, 29 Januarie.
Drie generasies van die Hills-familie het saamgekom om Voories se 75ste verjaarsdag te vier. Dit op dieselfde dag as een van George se bekendste oudspeurders, Michael Hills, se eie 75ste verjaarsdag.
Die ballonne wat die kinders geniet het, was eintlik Hills se eie verjaarsdagballonne, 'n simbool van die erfenis en herinneringe wat oor dekades heen groei.
Die skool het ook heerlike yslollies aan die leerders uitgedeel.
Van Sub A en Sub B in 1957, toe Hills self 'n trotse Voorie was, tot sy dogters Melissa, Minette en Lauren, wat die gange tussen 1992 en 2000 versier het, en nou sy kleinkinders Michael en Mieke du Plooy en Emily Loock (2023 - 2026) wat steeds met trots in die skool rondloop.
Baie geluk Michael Hills en alle Voories met julle indrukwekkende 75ste verjaarsdag.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’