Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - ‘n Groep bejaardes en ander wat glo in die deernis-kategorie val, staan vanoggend voor die deure van Debtpack in Victoriastraat, agter die George-munisipaliteit.
“Hierdie mense se krag is geblok, en hulle sukkel al van die naweek,” sê Lorraine van Schalkwyk, ‘n gemeenskapsaktivis.
Volgens een van die vroue het sy Vrydag ‘n rekening van R1 400 betaal, maar haar krag is steeds geblokkeer. Sy erken wel haar munisipale rekening is agterstallig.
“Maar, ek het reëlings getref,” sê sy. “Ek verstaan nie hoekom hulle steeds my krag geblok het nie."
Volgens Van Schalkwyk moet die mense R300 betaal om hul krag te “ontblok” en het hulle nie nóg geld om daarvoor óók te betaal nie.
‘n Navraag is aan George-munisipaliteit gestuur, tervoer word afgewag.
Intussen groei die groep mense voor Debtpack se deure. Teen 09:00 het sowat 104 mense reeds opgedaag. Die kantoor maak blykbaar teen 12:00 weer toe.
VIDEO: Mense staan en wag voor Debtpack se deure om gehelp te word nadat hul krag geblokkeer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’