GEORGE NUUS - Cloey is 'n katjie wat nié sonder handskoene aangepak moet word nie.
Só het 'n inbreker verlede Saterdag uitgevind toe dié klein wagkat hom onder haar eienaar se bed betrap het.
Volgens die eienares van die Hofmeester-gesin se huis in Gholfstraat, Parkdene het hulle pas tuisgekom van 'n begrafnis, toe Cloey by die slaapkamerdeur vreeslik grom en blaas.
"Ons het eers gedink dis niks, maar toe sy aanhou het ek gedink dit is dalk 'n slang of iets.
"Ek het my seun gevra om te kyk, maar voor hy daar kon uitkom het my kleindogter (6) reeds onder die bed ingeloer en die man daar sien wegkruip."
Die verdagte, gewapen met 'n groot mes, het probeer weghardloop maar is deur haar seun en lede van die gemeenskap vasgetrek en gehou tot die polisie opgedaag en hom in hegtenis geneem het.
Die man (24) het Maandag 26 Februarie in die plaaslike landdroshof verskyn waar die saak tot 5 Maart vir 'n borgtogaansoek uitgestel is.
Hy bly in aanhouding.
Volgens familielede het die oortreder hulle laat verstaan dat hy sal terug wees.
Presies 'n maand gelede, op 24 Januarie, is daar by 'n motor op dieselfde erf ingebreek.
Cloey is 'n katjie wat nié sonder handskoene aangepak moet word nie.
• A family cat saved the day last Saturday when she alerted her owners to a burglar under their bed. According to the owner of the house in Golf Street, Parkdene, they had just arrived home when Cloey started hissing and growling in the direction of the bed. Her granddaughter looked under the bed and saw the intruder. The man, armed with a big knife, tried to escape, but was apprehended by the home-owner's son and members of the community. He has appeared in court and will reappear on 5 March. He remains in custody.
'Ons bring jou die nuuste George, Tuinroete nuus'