GEORGE NUUS - Die buurtwag van wyk 16 het onlangs met ’n mooi gemeenskapsinisiatief Kersvreugde na New Dawn Park gebring.
Pakkies met lekkernye is in Moeggehuur en Croton Slot aan kinders uitgedeel.
Die projek is aangebied onder leiding van wyk 16 se buurtwag-voorsitter, Deon Adams, in samewerking met die EMS rampbestuurkoördineerder van die Pacaltsdorp-polisiesektorforum, Elandré Lamini, asook die adjunkvoorsitter van die forum, Riaan Snyman.
Die kinders - en volwassenes - het ook heerlik gesmul aan vars, sappige waatlemoen, wat groot vreugde gebring het.
Volgens Adams was die doel van die inisiatief om iets positiefs terug te gee aan die gemeenskap en om kinders gedurende die feestyd spesiaal en raakgesien te laat voel.
Oud en jonk kon ook heerlik smul aan vars waatlemoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’