Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Brand het vanmiddag omstreeks 15h30 in Fortuinstraat uitgebreek.
Drie houtstrukture is in die brand vernietig.
Volgens onbevestigde inligting is niemand ernstig in die brand beseer nie. Enkele mense, waaronder n tweejarige dogtertjie, wat in die houtstrukture gewoon het, is vir rookinaseming na die George hospitaal geneem.
Johnny Johnson, een van die mense wat deur die brand geaffekteer is, het sy motor in die brand verloor. Drie gesinne het nie vanaand 'n plek om te slaap nie.
Dit is tans onduidelik wat die oorsaak van die brand is.
Kyk 'n video hieronder:
Dit wat oor is nadat drie houtstrukture in Blanco, Fortuinstraat, gebrand het.
Johnny Johnson staan voor die as wat eens sy huis was.
'n Ford Eskort is in die brand vernietig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'