Gallery
SEDGEFIELD NUUS - 'n Gesin van George, wat die dood vrygespring het toe 'n boom hul voertuig op Sedgefield-eiland platgeval het, is nou hulle enigste ryding kwyt.
'n Tranerige Charlene Jonge het hierdie week aan Knysna-Plett Herald vertel hoe sy, haar man en drie seuns Sondag 30 September lekker visgevang en gebraai het, toe hule VW Jetta vernietig is.
Die Jonge-gesin het hul voertuig naby twee bloekombome geparkeer, en moes deur hoogwater loop om by hulle gunsteling plekkie uit te kom. Later, vertel Jonge, het hulle ewe skielik 'n kraakgeluid en massiewe slag gehoor. Haar man het kar toe gestap om te gaan kyk en teruggekom met die woorde: "Die kar is in die helfte." Sy het self gaan kyk en dadelik begin huil.
"Wat gaan ons nou doen, dis ons enigste voertuig en die kinders moet skool toe gaan." Jonge sê as die gesin in die kar was, was hulle dood.
"Die plaaslike brandweer het iemand gekry om die boom uitmekaar te saag, en dit het baie lank gevat - dit was 'n groot, dik boom.
Die egpaar is besig om dokumentasie vir 'n eis bymekaar te sit, tesame met ander bewyse wat volgens 'n Knysna munisipale amptenaar ingedien moet word, maar is voorlopig gestrand.
Abraham en Charlene Jonge.
'Ons bring jou die nuutste Sedgefield, Tuinroete nuus'