GEORGE NUUS - Business Network International (BNI) het hul toplede tydens ‘n glansaand op Maandag 3 Mei by Oubaai Hotel aangewys.
Die BNI Suid-Kaap-toekenningsaand was die eerste van sy soort en die voormalige nasionale direkteur, Mike Levin, wat die organisasie 26 jaar gelede in Suid-Afrika gevestig het, sê hy voorspel voortgesette groei vir BNI in die Suid-Kaap.
Levin het nasionale direkteurskap aan Phillip Dunn oorhandig wat die organisasie by hom oorgekoop het. Dunn sê hy het volle vertroue in BNI se vermoë om groei in besighede te dryf.
As voorbeeld verwys hy na sy eie opleidingsbesigheid wat hy verlede jaar vir multimiljoene verkoop het.
Wat 15 jaar gelede as ‘n eenmansaak begin het, kon Dunn tot ‘n nasionale besigheid uitbrei alles te danke aan BNI.
“Die beraming is dat minstens vier families positief geraak word in enige omgewing waar ‘n BNI-tak ‘n nuwe lid kry weens die bykomende effekte soos die skep van werksgeleenthede. Dit help ook om besigheidsvertroue in ‘n omgewing te verbeter,” sê Dunn.
Uitvoerende direkteur van BNI in die Suid-Kaap, Anchen Jacobs (links), saam met Rikus Coetzee wat die Givers Gain-toekenning ontvang het.
Uitvoerende direkteur van BNI in die Suidkaap, Anchen Jacobs (links), saam met BNI Suidkaap visepresident van die jaar, Karen Dorfling van BNI Cultaca in George.
Die nuwe uitvoerende direkteur van BNI in die Suid-Kaap, Anchen Jacobs, glo ook sterk in die positiewe bydraes wat die groei van BNI op ‘n omgewing het. “Wanneer kleinbesighede groei, skep dit werksgeleenthede en die area ervaar ekonomiese groei en ontwikkeling,” sê Jacobs.
Toekennings en erkennings is as volg:
- President van die jaar: Beverly Baxter (BNI Olympus, Knysna)
- Visepresident van die jaar: Karen Dorfling (BNI Cultaca, George)
- Sekretaris van die jaar: Stefan du Toit (BNI Cultaca, George)
- Givers Gain: Rikus Coetzee (BNI Cultaca, George)
- Ondersteuningsleier: JP Lohr-Mietzer (BNI Ignite, Mosselbaai)
- Meeste Thank-you-for-closed-business gegee: Allan Tyler
- Meeste verwysings gedoen: JP-Lohr Mietzer
- Meeste gaste genooi: Willem Booysen (BNI Olympus, Knysna)
- Meeste 1-2-1’s: Stefan du Toit (BNI Cultaca, George)
- 100 Points on power of 1: Ken Patrick (BNI Cultaca, George), Stefano Schoonees (BNI Cultaca, George) en Karen Dorfling.
Uitvoerende direkteur van BNI in die Suid-Kaap, Anchen Jacobs (links), saam met die die BNI Suid-Kaap president van die jaar, Beverly Baxter van BNI Olympus in Knysna.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’