TUINROETE NUUS - Dominic Bisschoff (Nicky) (37), ’n welbekende in Mosselbaai en inwoner van George, is verlede week in ’n motorongeluk by Swellendam oorlede.
Sy pa, Johannes, die eienaar van Shell Voorbaai, het hom as ’n baie nederige persoon beskryf.
Nicky het in George saam met sy vrou, Denise, en hul twee seuntjies, Marko (4) en Stewart (2), gewoon. Hier het hy as ’n mediese dokter by die Thembalethu-kliniek gewerk.
Nicky het aan Hoërskool Punt gematrikuleer en by die Universiteit van Pretoria gestudeer.
Hy word oorleef deur sy vrou en kinders, asook sy ouers, Johannes en Linette, sy broers, Izak en Francois, en suster, Wiida.
Nicky se troosdiens vind môre, 8 Julie, om 11:00 by die Gereformeerde Kerk Mosselbaai plaas.
Agter: Izak en Nicky Bisschoff. Voor: Johannes en Linette Bisschoff, Wiida Coetzer en Francois Bisschoff.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’