Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Apostel Johannes Jantjes (65) en drie ander manne het op Erfenisdag van Gwaingriviermond af met die rivierloop langs na Osgat geklim en geklouter waar sy pa, Hans Jantjes en sy oom, Saffier Green graag geswem het.
Hy sê hulle is die enigstes wat baie diep in die swemgat afgeduik het, maar "daar's nie 'n bodem nie".
Die groepie het ook die paadjie verken waarmee inwoners met hul ossewaens in vervloë se dae afgery het mond toe.
Jantjes was vergesel van Michael Opperman en sy seun, Furlin McNeil, asook klein Caleb Pieterse.
Kyk 'n video hieronder:
Die roete oor groot rotse na die Osgat. Klein Caleb Pieterse word deur Oom Michael Opperman geabba.
Apostel Johannes Jantjes (links) en Michael Opperman met Osgat in die agtergrond. Foto's: Furlin McNeil Opperman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'