GEORGE NUUES - Conville, Parkdene, Borcherds, Proteapark,Thembalethu en Rosemoor se buurtwagte, lede van Fidelity ADT en die plaaslike polisie het Saterdag 25 Januarie 'n gesamentlike operasie teen geweld en misdaad in die area uitgevoer.
Volgens Conville-buurtwag se voorsitter, Rudi Lewis, is al die knelpunte in die gebied gefynkam en verskeie verdagte mense is voorgekeer en deursoek.
"Hoë sigbaarheid is die enigste manier om misdaad effektief te bekamp," sê hy. Lewis nooi almal in die area om by hulle betrokke buurtwagte aan te sluit.
Vir meer inligting kan hy by 061 977 6098 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'