GEORGE NUUS - 'n Manjifieke kunssinergie tussen die bekroonde kabaret-sangeres, Petronel Baard en gesogte digter en kunstenaar, Lidi de Waal Vrydagaand, 11 April by Attic Atelier in George, het gelei tot 'n aand vol emosie en skaterlag.
Die vertoning, getiteld, Kuiers om die son, my herfs katjiepiering, het die musiek van Baard en die kuns en poësie van De Waal in volmaakte sinergie afgewissel teen die agtergrond van die kunsuitstalling wat tans tot 19 April in die galery aan die gang is.
Die uitstalling wat fokus op die tentoonstelling van 40 x 40 cm en kleiner kunswerke, vier die kleiner dingetjies in die lewe.
In 'n gesprek met George Herald het Baard, De Waal en Attic Atelier se René Scribante, saamgestem dat verskillende kunstenaars deesdae moet hande vashou om groei in die kunsnetwerk te bewerkstellig en sodoende ook gehore uit te brei.
Dit het veral noodsaaklik geword omdat die regering deesdae nie meer dieselfde begroting as voorheen het om kunstenaars 'n hupstootjie te gee nie.
Die aand was die tweede in 'n reeks van drie agtereenvolgende optredes in die Tuinroete. Kuiers om die son, my herfskatjiepiering was ook Donderdagaand in Wildernis en Saterdagaand in Klein-Brakrivier op die planke.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’