GEORGE NUUS - 'n Nuwe liggie van hoop skyn vir kinders in New Dawn Park met 'n nuwe projek om aktiwiteite en leiding vir die jeug van die area te bied.
Mareliza Fortuin, 'n inwoner van New Dawn Park, het verlede naweek begin met 'n inisiatief om kinders in die area besig te hou.
Sy het planne om dit uit te brei, maar vir eers gaan sy probeer om elke twee weke aktiwiteite vir die kinders aan te bied.
"Kinders kom uit moeilike huise en omstandighede met drank, dwelms en bendes. Ek begin hierdie projek om kinders te help en hulle besig te hou want ons wil nie hê hulle moet verlore gaan nie. Die kinders is die ouers van môre," sê Fortuin.
Die kinders het lekker gedans, sakresies gehou en moes eiers balanseer terwyl hulle gehardloop het, daar is opvoerings gehou en aan die einde van die dag het elkeen 'n klein geskenkie gekry.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’