GEORGE NUUS - Leerders van Laerskool Hoekwil kon 'n spesiale geleentheid by die dorp se NG Kerk beleef toe 300 duiwe as 'n simbool van die Heilige Gees ter ere van Hemelvaartdag vrygelaat is.
Dit is iets wat hulle vir lank nog sal bybly.
Die gebaar het gevolg na 'n kerkdiens by NG Kerk Hoekwil, gelei deur Monique Larsen. Hemelvaart word deur Christene gevier as die dag waartydens Christus na die kruisiging en opstanding uit die dood, na die hemel opgevaar het.
Hemelvaartdag val altyd op 'n Donderdag, tien dae vóór Pinkster.
• Laerskool Hoekwil het 'n biblioteek begin en is dringend op soek na kinderboeke in Afrikaans en Engels (nuut of tweedehands) vir ouderdomme ses tot dertien. Boeke kan by die skool se ontvangs op weeksdae vanaf 08:00 tot 13:00 afgelaai word.
Vir meer inligting kontak 044 850 1059 of 082 494 8452.
Leerders van Laerskool Hoekwil het hierdie geleentheid meegemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’