TUINROETE | KAROO NUUS - 'n Ouma van Slangrivier is rasend nadat haar kleindogter, Genite Booysen (13), al sedert Maandag 9 September net spoorloos vanaf die huis verdwyn het.
Volgens Genite se ouma, Cornelia Hartnick, is dit nie die eerste keer wat haar kleindogter wegloop nie, maar wel dat dit hierdie keer veel langer is as die vorige kere.
Hartnick sê dat Genite se ma oorlede is en dat sy en haar suster is in haar (Hartnick) se sorg.
Sy doen 'n ernstige beroep op enigiemand wat weet waar Genite haar bevind om haar by 066 344 5908 te skakel of met die plaaslike polisie in verbinding te tree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’