Gallery
GEORGE NUUS - Die Mej. Progress en Mej. Volrond is onlangs in die St Mary's Primêr-skoolsaal gekroon.
Die organiseerder, Ilze Bock, wat self 'n sportvrou is, sê die funksie is met 'n visie in gedagte beplan.
Sy sal graag die verskeie rugbyklubs bymekaar wil uitbring. Sy meen sport is daar om mense bymekaar te bring, tog is daar baie negatiwiteit rondom watter spanne ondersteun word.
As deel van die aand het Bock ook een van haar ontwerpersrokke ter waarde van R15 000 uitgeloot vir R50. Sy sê sy wou ook hê die fondse wat hulle die aand ingesamel het, moet gaan om nuwe toerusting vir minderbevoorregte spelers te koop. "Ek het al te veel gesien hoe 'n outjie met 'n rugbyskoen speel wat gelas is en dis hoekom ons die geld aan die klub gaan skenk."
Die aand was 'n sukses ten spyte van die klub se spelers wat nie deel van die aand wou wees, en die deelnemers na die verhoog vergesel nie.
Die laaste Mej. Progress is in 2014 gekroon. Die klub hoop om met almal se ondersteuning weer die funksie jaarliks te hou.
Die nuwe Mej. Progress is Davona Cordelius met eerste prinses Zinay Fry en tweede prinses is Keelyn Jantjies. Middel agter is Bernithea Hobbs die voormalige Mej. Progress.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'