Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Danksy die passie en liefde van 'n mediese ortotis en prototis van George, Daniélla de Jager het 'n Weimaraner, Oliver, 'n kans op 'n nuwe lewe gekry. Die nege maande oue Oliver is sonder 'n regtervoorpoot gebore en De Jager het onlangs vir hom 'n kunsledemaat gemaak.
Hy kan nou al selfs op die strand rondhardloop. De Jager van Barkley Oates Inc. in George help om stutte en kunsledemate vir diere te maak, net soos vir mense. Die afgelope paar maande het sy al verskeie diere, waaronder honde, voëls en selfs 'n skilpad gehelp.
Haar pad het verlede jaar met Oliver gekruis. Dit is al 'n lang pad wat hy en sy saam geloop het om die poot elke keer perfek te kry sodat hy met sy nuwe kunsledemaat kon rondhardloop.
De Jager vertel dat sy in Augustus verlede jaar van Oliver gehoor het. Dit is baie skaars dat die diere sonder ledemate gebore word soos Oliver sonder 'n regtervoorpoot.
Fotogalery: Hond kry 'n nuwe lewe met nuwe poot
De Jager het hom aangeneem. Omdat sy elke dag werk met die vervaardiging van stutte en kunsledemate het sy besluit om vir Oliver sy eie poot te maak.
Oliver, die Weimaraner, met sy nuwe kunspootjie.
Die kunsledemaat wat Oliver nou gebruik is al reeds sy tweede een. Hy het die eerste een ontgroei. Volgens haar was dit nie te moeilik om die kunsledemaat te maak nie, maar elke dier het sy eie uitdagings.
"Wanneer 'n mens so iets maak moet jy die anatomie van die bepaalde dier baie goed verstaan. Dit is baie anders as 'n mens. Diere kan nie praat en kan nie vir jou sê of hulle seer het nie. Dit is ook belangrik dat jy 'n goeie vertrouensbasis met elkeen skep, want hulle verstaan nie altyd wat jy doen nie totdat jy hulle wys."
Kyk 'n video hieronder:
Sy is baie bly sy het Oliver aangeneem en hy gee vir haar baie vreugde.
"As hy so op die strand hardloop of aan sy halsband in die straat, sal mens nie eers agterkom hy het 'n kunsledemaat nie. Hy grawe tot gate in die gras met sy 'been' en vra elke oggend om dit aan te sit. Mense is mal oor hom veral as hulle sien hoe hardloop hy met sy kunsledemaat."
A Weimaraner dog, Oliver, was given a new lease on life when he was adopted by a medical orthotist and prosthetist from George, Daniélla de Jager. Oliver was born without a right front leg, and De Jager has made him an artificial limb. He has adapted to his new life and even runs on the beach with the new leg.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'