EDEN-DISTRIK NUUS - ‘n WhatsApp-boodskap wat die rondte doen dat ’n geval van koronavirus in George aangemeld is, is vals. Herman Pieters, woordvoerder van Garden Route-distriksmunisipaliteit het dit bevestig.
Die enigste geval van die virus wat aangemeld is, is die van ’n 38-jarige man van KwaZulu-Natal wat saam met sy vrou as ’n groep van 10 mense in Italië gereis het.
Hulle het op 1 Maart teruggekom in Suid-Afrika, hy het siek gevoel en ’n dokter gaan sien. Hy en die dokter wat hom ondersoek het, het hulself geïsoleer.
Geen ander voorvalle is nog in die land aangemeld nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'